“Godongwana se verligting by die pomp gaan ons duur te staan kom”
So sê die hoof-ekonoom by die Efficient groep, Dawie Roodt. Dinsdag se aankondiging oor die brandstofprysverhoging toon dat die regering besluit het om die brandstofheffing op petrol en diesel met drie rand te verminder, wat die verbruiker so effens teen die volle impak van die hoë olieprys beskerm. Talle instansies verwelkom die besluit terwyl ekonome meer realisties bly oor of dit die onkoste van ses miljard rand die moeite werd maak.
Die Nuwe regulasies oor Swangerskap op die skoolbanke gee die Pa's steeds kwytskelding.
Die Departement van Basiese Onderwys het regulasies oor die bestuur van swangerskappe onder skoolgaande kinders, vir openbare kommentaar gepubliseer. Die departement sê die regulasies fokus daarop om die reg tot onderrig, soos in die grondwet bepaal, vir alle leerlinge, maar veral jong meisies te verskans. Hulle is ontwerp om te verseker dat swanger leerlinge ondersteun word om op skool te bly en na die geboorte terug te keer skool toe, sonder vrees van diskriminasie. Amanda Gouws, 'n professor in Politieke Wetenskap, wat 'n leerstoel in Gender Politiek beklee, het aan Monitor verduidelik hoekom sy voel die regulasies nog gebrekkig is.
Haglike toestande by weermagbasisse onanvaarbaar.
Die gesamentlike parlementêre komitee oor verdediging het 'n verslag aan die nasionale vergadering voorgelê oor die haglike toestande by sleutelbasisse van die Suid Afrikaanse Nasionale Weermag. Talle infrastruktuurtekorte en personeeltekorte is uitgelig in die verslag. Die basisse sluit in die SAS Saldanha Vloot- opleidingsbasis, die Suid Afrikaanse Militêre Akademie en 4 Spesiale Magte Regiment, asook die Langebaanweg Lugmagbasis. Tammy Breedt, 'n VF Plus-parlementslid in die Nasionale Raad van Provinsies het aan Monitor verduidelik wat sy waargeneem het.
Is Mkhwanazi die regte man om die polisie te lei?
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het die heraanstelling van luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi, as die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris vir 'n verdere vyf jaar, bevestig. Mkhwanazi het tydens 'n mediakonferensie in Julie verlede jaar, onder meer beweer dat die strafregstelsel deur misdaadsindikate gekaap is. 'n Parlementêre Ad Hoc komitee en die Madlanga Kommissie van Ondersoek is sedertdien in die lewe geroep. Die voorsitter van die Parlement se portefeulje komitee oor polisie, Ian Cameron het sy mening gelig oor die heraanstelling, maar ook oor of Mkhwanazi dalk die hoogste polisiepos in die land behoort te beklee, aldan nie.
Dereleen James sien uit na haar 'Kaapse Draai”
Action SA se parlementslid Dereleen James is pas aangewys as dié party se nuwe Wes-Kaapse voorsitter. James dien tans op die Parlement se portefeuljekomitee oor polisie, asook die Ad Hoc komitee wat politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel ondersoek. Ons het op Monitor met haar gepraat oor die besluit en wat Action SA se planne is om ook n politieke rolspeler te wees in die provinsie.
Daar is niks nuuts omtrent die 'nuwe benadering' tot landelike veiligheid nie.
Die polisie het 'n geteikende landelike veiligheidsbenadering aangeneem, om plaasaanvalle en -moorde meer doeltreffend te bekamp. Dié plan sluit in die inwerkstelling van die Nasionale Landelike Veligheidsstrategie en operasionele hervormings, om sigbare polisiëring in landelike gemeenskappe landwyd te verbeter. Maar soos die 'n veiligheids-risiko-ontleder by Vrystaat Landbou, dr. Jane Buys aan Monitor verduidelik het, behels die nuwe plan eintlik niks nuuts nie en daar is ook n gebrek aan kapasiteit om daad by woord te sit.
"Dit is die einde van Masemola as Polisiekommissaris"
Dit is die mening van die voormalige Wes-Kaapse polisiekommisaris Dr. Lennit Max. President Cyril Ramaphosa sê die saak teen die Nasionale Polisiekommissaris, Fannie Masemola, sal volgens die wet hanteer word. Ramaphosa sal na verwagting binnekort met die waarnemende minister van polisie, professor Firoz Cachalia vergader, om Masemola se toekoms te bespreek. Masemola gaan op 21 April in die hof verskyn oor sy beweerde betrokkenheid by die toekenning van 'n omstrede polisietender van 360 miljoen rand, wat verbind word met die vermeende misdadiger, Vusimuzi Cat Matlala.
Ministers moet nog verduidelik hoekom 'top up' betalings nie verklaar is nie.
Die DA slaan vure dood na 'n vertroulike verslag uit die pen van die party se vorige federale finansiële voorsitter, Dion George, aan die media gelek is. Volgens die verslag word duisende rand maandeliks aan bepaalde DA-leiers in openbare poste betaal, glo om hulle salarisse aan te vul. Action SA het reeds 'n klag daaroor by die Openbare Beskermer en die parlement se Etiekkomitee ingedien. Ons het op Monitor met die emeritus professor in Publieke Leierskap by die Tilburg Universiteit in Nederland, Erwin Schwella gepraat daaroor.
Afriforum vs Mbalula: hier kom n ding!
Afriforum sou Woesndag voortgaan met 'n media konferensie waarin hulle meer besonderhede sou verskaf oor die sogenaamde Mbalula dossier - ten spyte van 'n brief wat aan hulle, deur die ANC sekretaris generaal Fikile Mbalula se prokereurs gerig is. Die burgerregte organisasie het laat verlede jaar reeds gesê hulle oorweeg privaat vervolving teen die destydse sport minister oor blybare onreelmatighede tydens sy termyn. Die uitvoerende hoof van Afriforum Kallie Kriel het verduidelik.
"SA paniek verniet" maar niemand weet hoeveel petrol pompe reeds drooggeloop het nie
Die Brandstofbedryf Vereniging van Suid-Afrika, SAFIA, waarsku motoriste teen paniek-aankope van brandstof. Dit terwyl sekere vulstasies landwyd reeds tekorte aanmeld. Ons het op Monitor met met die uitvoerende hoof van SAFIA, Avhapfani Tshifularo gepraat oor die huidige vlak van reserwes, ons regte as verbruikers as dit kom by brandstof aankope en of sekere brandstof verskaffers dalk onwettige inperkings instel sodat hulle volgende maand se reuse prysstyging kan uitbuit.
Bek-en-klouseer inentings-saga gaan Dinsdag hof toe
Vrystaat Landbou, Sakeliga en SAAI gaan môre in die Hooggeregshof in Pretoria 'n dringende aansoek bring om die regering te verhoed om die privaat verkryging en toediening van bek-en-klouseer entstowwe uit te voer. Die hof-aansoek volg nadat die Minister van Landbou versuim het om 'n wettige grondslag te verskaf vir sy verbod op die privaat-verkryging en toediening van entstowwe en na 'n oplossing nie binne 'n mediasie proses gevind kon word nie. Ons het op Monitor hieroor met die adjunk-president van Vrystaat Landbou, Friedl von Maltitz gepraat.
Burgermeester gevul met afgryse na die skending van Sobukwe se graf
Die PAC sê die skending van sy stigterspresident, Robert Sobukwe se graf in Graaff-Reinet in die Oos-Kaap, is niks anders as politieke uittarting nie. Op die vooraand van Menseregte Dag Saterdag, het die party 'n strafsaak aanhangig gemaak en eis nou 'n dringende ondersoek na die vandalisering van Sobukwe se graf. Vergaderings word tans met alle belanghebbendes gevoer, insluitend groepe wat teen die naamsverandering van Graaff-Reinet na die Robert Sobukwe Dorp gekant is. Vir meer hieroor het ons met die burgemeester van die Dr. Beyers Naude plaaslike munisipaliteit, Willem Safers gepraat.
Is die skrif aan die muur vir Senzo Mchunu?
President Cyril Ramaphosa het in 'n geskrewe antwoord aan die parlementêre ad hoc-komitee, wat korrupsie en inmenging in die strafregstelsel ondersoek, geskryf hy het nooit sy ondersteuning gegee vir 'n poging om die taakspan, wat politieke moorde in KwaZulu-Natal ondersoek, te ontbind nie. Ramaphosa sê die minister van polisie, Senzo Mchunu, wat hy op spesiale verlof geplaas het, het hom eers weke later van die besluit verwittig. 'n Senior navorser aan die Sentrum vir Afrika Diplomasie en Leierskap aan die Universiteit van Johannesburg, Dr. Oscar van Heerden, het by Monitor aangesluit om te praat oor wat die president se repliek sê oor die politieke toekoms van Senzo Mchunu.
SA se oliereserwes is vir nou, nog voldoende
Daar is toenemende onsekerheid oor die beskikbaarheid van brandstof by vulstasies in die komende weke, terwyl die Departement van Minerale en Petroleum-hulpbronne volhou dat daar geen onmiddellike risiko vir tekorte is nie. Terselfdertyd sê Minister Gwede Mantashe dat Suid-Afrika gesprekke voer om bykomende brandstofverskaffers te kry, om te verhoed dat die land se voorraad van strategiese oliereserwes gebruik word. Chris Hattingh, die uitvoerende direkteur van die Sentrum vir Risiko-ontleding het gaan navors hoeveel olie ons het, waar enige nuwe aankope vandaan sal kom en watter omstandghede die huidige situasie dalk in n krisis kan omskep.
Dit is hoekom jy glad nie moet raak aan jou aftreegeld nie
Verskeie administrateurs van aftreefondse sê daar is 'n toename in aansoeke van hulle lede wat vir die derde keer geld uit pensioenfondse wil onttrek, ingevolge die Tweepot-stelsel. Die adjunk-direkteur-generaal vir belastingbeleid by die Nasionale Tesourie, Chris Axelson, sê intussen hulle oorweeg dit om pensioenfondslede, wat afgelê is of in uiterse geldnood verkeer, toegang tot hulle aftreepot te gee. Hy sê faktore wat oorweeg sal word sluit in dat jy geen salaris of afleggingsvoordele ontvang nie. 'n Ere-professor aan WITS Universiteit se besigheids-skool, en 'n Ekonoom van Altitude Wealth, Jannie Rossouw het hieroor met Monitor gepraat.
Die VSA se ondersoek na Amerika nie n bron van kommer nie maar Swart bemagting bly steeds die struikelblok
Die VSA het begin met 'n Artikel 301 ondersoek na Suid-Afrika en 59 ander lande, om te bepaal of die lande hulle skuldig maak aan dwangarbeid of diskriminerende praktyke. Dit volg kort na die hoogste hof in Amerika bevind het, dat President Donald Trump sy magte oorskry het met sy internasionale invoertariewe. Vir meer oor watter gevolge so 'n ondersoek vir Suid-Afrika kan inhou, het ons met die hoof-ekonoom van die Efficient-groep, Dawie Roodt gepraat.
Ramaphosa se Gautrein en sneltrein-plan moet vir nou eers net 'n droom bly
So sê ‘n Emeritus Professor in logistiek aan die Universiteit Stellenbosch, Jan Havenga. Die president het planne van ’n sneltrein in sy staatsrede bekendgemaak en daar is ook nou ’n regeringsplan om die Gautrein uit te brei. Dit is deel van President Cyril Ramaphosa se voorneme om 'n Nasionale Vervoerraad te stig, wat onder meer die regering, sakelui en vervoervakbonde byeen sal bring om probleme in dié sektor te pak. Hy het tydens die eerste Nasionale Vervoerkonferensie in Midrand gesê, Suid-Afrika se vervoerstelsel moet dringend hervorm en beter gekoördineer word.
Pickitup belowe om binne 'n week hulle vullis-agterstand uit te wis
Die Johannesburgse vullisverwyderingsmaatskappy, Pikitup, sê hy probeer wel om die groeiende agterstand in te haal met vullis wat veral in Roodepoort en Randburg ophoop. Personeeltekorte, stukkende vragmotors en oorvol stortingsterreine, is maar net van die maatskappy se uitdagings. Pikitup se woordoerder, Anthony Selepe het hulle plan met Monitor gedeel.
Johannesberg inwoners sal vandag uitvind hoekom vullis verwydering erg vetraag word.
Verskeie woonbuurte in die Johannesburg Metro ervaar die afgelope paar dae vertragings in vullisverwydering. Die Johannesburgse vullisverwyderingsmaatskappy, Pikitup, sê die ontwrigtings is weens sekere operasionele uitdagings, insluitend stukkende vragmotors, personeeltekorte en vertragings by stortingsterreine. Die huidige agterstand raak roetes, wat tussen Dinsdae en Vrydae, gediens word. Die DA se leier in die Johannesburgse koukus, Belinda Kayser-Echeozonjoku sê vergaderings vind Dinsdag plaas om agter die kap van die byl te kom.
Doen jou kind te veel huiswerk?
'n Ouer en 'n voormalige onderwyser van Kaapstad, Joseph Nedft, vra die departement van basiese onderwys om sy beleid en benadering tot huiswerk, te hersien. Nefdt het verlede week 'n petisie op sosiale media begin, waarin hy sê, kinders word oorlaai met huiswerk, wat angs en stres veroorsaak. Ons het op Monitor met Nefdt gepraat en ook die mening verkry van 'n opvoedkundige sielkundige verbonde aan die Universiteit van Pretoria, professor Kobus Maree.
Save video to ...