listen to RSG Nuus en Aktualiteit
Eswatini se uitsetting van buitelandse kleinhandelaars kan dalk aanklank vind in Suid- Afrika.
So waarsku die ekonoom Jannie Rossouw. Eswatini is besig om sy optrede teen onwettige ondernemings in buitelandse besit te verskerp, om sodoende plaaslike handelaars te beskerm. Die Parlement is egter verdeeld oor die ekonomiese gevolge van onmiddellike sluitings. Daar is nou op 'n oorgangstydperk van twaalf maande ooreengekom voor kleinhandelaars van hoofsaklik Asiatiese herkoms pad moet gee uit die koningkryk. Rossouw het aan Monitor verduidelik wat die moontlike impak van die besluit sal wees en gewaarsku dat die Suid-Afrikaanse regering die situasie fyn dop moet hou.
Die poppe gaan in Januarie eers behoorlik dans in Amerika
Aan die begin van 2027 sal die Demokratiese Party beheer oorneem van die twee huise in die Amerikaanse kongres. Dit volg na verlede week se rampsoedige nederlaag in die middelterymin verkiesing vir die Demokrate. Ons het die twee politieke ontleders, Piet Croucamp en Roland Henwood breedvoerig gepols oor hoe dinge tussen nou en volgende jaar sal verander in die politiek van die wereld se tweede grootste demokrasie.
Die Nood vs Kooplus: Waak! Swart Vrydag is amper hier
Swart Vrydag, wat vanjaar op 27 November plaasvind, is dié grootste inkopiedag van die jaar, waarna baie Suid-Afrikaners uitsien. Byna alles waaraan jy kan dink, kom met 'n afslagplakker. Maar tussen al die aanloklike aanbiedinge, skuil daar ook die gevaar van impulsiewe aankope, onnodige skuld en selfs swendelary. Ons het met die uitvoerende hoof van CreditSmart Financial Services, Wikus Olivier op Monitor daaroor gepraat.
Verkiesingsnuus: Suid Afrikaners sal eerder in ‘n militêre staat bly, solank dienste gelewer word.
Meer as 14 miljoen geregistreerde kiesers het nie aan die pas afgelope plaaslike regeringsverkiesing deelgeneem nie. Die onafhanklike navorsingsnetwerk, Afrobarometer se jongste navorsing toon dat Suid-Afrikaners se steun vir die demokrasie sterk verband hou met regeringsprestasie, dienslewering en werksgeleenthede. Wat sê dit oor die toekoms van ons demokrasie en het 'n gebrek aan vertroue die miljoene afwesiges se besluit op 4 November beinvloed? Rehan Visser 'n redakteur by Afrobarometer het verduidelik hoekom dit die geval is. Sy gesprek op Monitor het ook ander interessante navorsingsbevindinge aan die lig gebring.
Selfs na hofsaak bly Jozi inwoners in die duister oor 'n 65 persent toename in waterheffing
Afriforum wag op die Johannesbergse Hooggeregshof om uitspraak te lewer in sy hofgeding teen Joburg Water se huidige heffing op die bestuur van water aanvraag. Sedert 1 Julie betaal inwoners van die Goudstad R107,74 per maand pleks van die ou prys van R65,08 per maand - 'n toename van meer as 65 persent. En hoewel dit 'n ekstra 1.8 miljard rand in die Metro beteken, is Afriforum van mening dat dit onwettig is. Ons het met die burgerregte organisasie se adviseur oor omgewingsake, Marais De Waal op Monitor gepraat.
Inwoners van Westbury wil 'n nuwe plan hê met bendgeweld...
Skietvoorvalle en -sterftes duur voort in Westbury aan Gauteng se wesrand, ondanks polisie-ingryping en die ontplooiing van die weermag. Die gemeenskap, wat reeds lank onder bendegeweld gebuk gaan, is weer in rou nadat 'n 19-jarige man gister in Westbury doodgeskiet is. Die polisie sê hy ondersoek 'n saak van moord. Nóg mense is na bewering dood in 'n afsonderlike skietvoorval by 'n plaaslike kuierplek die vorige aand. Vir meer hieroor, praat ons nou met 'n gemeenskapsaktivis in Westbury, apostel Mello du Plessis...
Verkiesingsnuus: 14 dae vir koalisie gesprekke
Munisipale Bestuurders het nou volgens die wet op Plaaslike regering: Munisipale Strukture van 1998, 14 dae om 'n vergadering byeen te roep van die nuwe raad. In die vergadering lê die raadslede dan 'n eed af en die burgermeester, die speaker, hoofsweep en die uitvoerende kommittee moet verkies word. Die onafhanklike verkiesingskommssie het gisteraand die verkiesings-resultate bevestig en verklaar - so die 14 dae begin nou. Dit is in die tydperk wat politieke partye dan ook gaan moet begin onderhandel om koalisies te vorm.
Verkiesingsnuus - Zille: " Ek sal maar niks sê oor Herman Mashaba nie."
Dit was die reaksie wat 'n gesprek op Monitor uitgelok het van die DA se burgemeesterskandidaat in die Goudstad, Helen Zille. Die onderhoud het gefokus op die verwagting dat die Johannesburg Metro saam met die twee ander groot metros in Gauteng regeer sal moet word deur 'n koalisie. Vooruitskattings deur die Wetenskaplike en Nywerheidsnarvorsings Raad (WNNR) toon dat die DA as voorloper saam met die ANC en Action SA die hoof onderhandelaars sal wees om die koalisie tafel. Action SA se steun het landwyd toegneem met die plaaslike regeringsverkiesing. Die party se leier , Herman Mashaba se hulle sal met enige party saamwerk indien die syfers klop. Hy is wel aangehaal waar hy sê dat een van sy voorwaardes om met die DA te werk, is dat die party ontslae moet raak van Helen ZIlle.
Naweek Aktueel 31 Oktober 2026
Politieke partye sluit hulle verkiesingsveldtogte af en ons kyk hoekom die 2026 Plaaslike Regeringsverkiesing dié belangrikste regeringsverkiesing tot nog toe is, hoe dit moontlik gaan uitspeel en hoekom dit belangrik is dat jy jou kruisie gaan trek. Esté de Klerk praat met drie kenners. Die Khampepe-kommissie vra vir 'n verlenging, en hoe suksesvol was die onplooiing van soldate op die Kaapse Vlakte onder Operasie Prosper regtig? Ons praat met 'n senior ontleder by die Suider-Afrika-observatorium van die Globale Inisiatief Teen Transnasionale Georganiseerde Misdaad, beter bekend as GI-TOC, wat onderhoude gevoer het met bendelede en gemeenskappe.
Verkiesingsnuus: OVK gereed vir die verkiesing
Vandag presies oor 'n week kan byna 28 miljoen stemgeregtigde Suid-Afrikaners, hulle kruisies in die 2026 plaaslike regeringsverkiesing by net meer as 23-duisend stemlokale landwyd gaan trek. Ons praat nou met die woorvoerder van die verkiesingskommissie in die Noord-Kaap, Elkin Topkin.
Israel gaan na die stembus - wat 'n politieke omwenting in dié land kan bring
Die Israelie eerste minister Benjamin Netanyahu veg in die verkiesing om politieke oorlewing. Israelies gaan vandag stembus toe en die verkiesing word beskryf as een van die belangrikste verkiesings in die land se geskiedenis. Dit word ook gesien as 'n referendum oor Netanyahu se leierskap sedert die 2023 Hamas aanval. Ons praat nou met die politieke ontleder van die Universiteit Pretoria Roland Henwood
Gedenkplaat vir Sky...
'n GedenkPlaat is ter ere aan Sky, die polisie hond, IS by die Gedenkmuur vir Diere in Krysgdiens by die Voortrekker Monument opgerig. Die Vyfjarige Belgiese Herdershond is so ernstig beseer terwyl sy in die sorg van die polisie was , dat sy later van kant gemaak is. Die gedenk plaat lees: Jy het sagte hande veiligheid en warmte verdien - vertroeteling wat te laat gekom het. Jou lewe het egter saak gemaak al het die mense wat na jou moes omsien dit nie raakgesien nie. Ons praat nou met die stigter van die muur Die weermag en polisie-veteraan, Rochè Vermaak ...
Verkiesingsnuus: Hoekom is dit belangrik dat jy op 4 November stem? - Kenner
Vandag oor presies 12 dae gaan net meer as 29-miljoen Suid-Afrikaners die geleentheid kry om hulle kruisies in vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing te gaan trek. Hierdie word as een van dié belangrikste plaaslike regeringsverkiesings beskou. In Naweek Aktueel praat Esté de Klerk met die politieke ontleder aan die Universiteit van die Witwatersrand, professor Susan Booysen.
Verkiesingsnuus: Hoeveel stembriewe kry jy op 4 November? Luister hier!
Altesaam 546 politieke partye en byna 142-duisend onafhanklike kandidate is vir dié 2026 Plaaslike Regeringsverkiesing geregistreer. En kiesers kan hulle kruisies gaan trek by byna 24-duisend stemlokale. In Naweek Aktueel praat Esté de Klerk met die woorvoerder van die verkiesingskommissie in die Noord-Kaap, Elkin Topkin.
Hoekom gee mense hul oordeel prys weens menslike desperaatheid of geloof?
Die Keniaanse pastoor, Paul Mackenzie, is dié week deur die Hooggeregshof in Mombasa skuldig bevind aan die moord op 190 kinders en een volwassene. MacKenzie en sy volgelinge het geglo dat hulle deur hongersnood die hemel sou bereik en Jesus sou ontmoet. Kinders is eerste geteiken. Dit dwing ons om ongemaklike vrae te vra oor geloof en menslike desperaatheid. En wat gebeur wanneer die behoefte aan hoop so groot word dat mense hulle oordeel prysgee en selfs hulle geliefdes se lewens aan 'n geestelike leier toevertrou? In Naweekaktueel praat Esté de Klerk met Anton van Niekerk, 'n Emeritus professor in Filosofie en voormalige direkteur van die Sentrum vir Toegepaste Etiek aan die Universiteit Stellenbosch hieroor.
Naweekaktueel 24 Oktober 2026
In Naweek Aktueel vandag vra Esté de Klerk hoekom is die 2026 Plaaslike regeringsverkiesing een van dié belangrikste verkiesings waarin kiesers nog ooit gestem het? Die OVK vertel jou presies watter en hoeveel stembriewe jy gaan kry sodat jy maklik daardeur kan werk, en ons vra ongemaklike en moeilike, maar noodsaaklike vrae oor die verband tussen geloof en menslike desperaatheid.
Afriforum wil oud president Thabo Mbheki kruisondervra
Oud-president, Thabo Mbeki, is vandag in die getuie-bank voor die Khampepe-kommissie van ondersoek in Johannesburg. Hy sal na verwagting getuig oor, onder meer, of daar ooit 'n informele ooreenkoms tussen die ANC en generaals uit die apartheids-era bereik is om vervolgings aan albei kante te vermy. Mbeki se getuienis word vandag en môre aangehoor, terwyl oudpresident, Jacob Zuma, op 'n later datum voor die kommissie sal verskyn Intussen het AfriForum formeel versoek dat advokaat Gerrie Nel oudpresident Mbeki voor die Khampepe-kommissie kan kruisondervra. Kallie Kriel van Afriforum het vroeër gesê dat hulle die sittings bywoon sodat hulle
Swart Woensdag
Vandag herdenk ons Swart Woensdag. Die dag verwys na na 19 Oktober 1977, toe die apartheidsregering 'n groot en brutale aanval op persvryheid en anti-apartheidsorganisasies geloods het. Die destydse minister van polisie en justisie het die gewilde swart koerante The World en Weekend World (saam met die Christelike publikasie Pro Veritas) verbied en hul redakteur, Percy Qoboza, sowel as kollega Aggrey Klaaste, sonder verhoor gevangene geneem. Vandag word Swart Woensdag in Suid-Afrika elk jaar op 19 Oktober herdenk as 'n simbool van die stryd om persvryheid, vryheid van uitdrukking en demokratiese regte wat vandag deur Artikel 16 van die Suid-Afrikaanse Grondwet beskerm word... Maar word al die dinge nog eerbiedig? Om daardie vraag te antwoord praat ons met News24 se ombud en die voormalige hoof van die Departement Joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch, professor George Claasen.
“Ons moet veg vir AGOA-lidmaatskap”, sê Agri-SA
Bek-en-klouseer, hoë insetkoste, veediefstal en oorstromings. Dit is maar net ván die uitdagings waarmee Suid-Afrikaanse boere te doen het. Teen dié agtergrond het Agri SA sy jaarlikse kongres in Pretoria gehou met die tema: "Die pad is duidelik". Om te hoor wat dit prakties beteken het die bestuurshoof van AgriSA, Johann Kotzé met Monitor gepraat. Hy het ook verduidelik watter rigting SA met Amerika moet inslaan ten opsigte van die AGOA ooreenkoms, ongeag die lande se diplomatieke verhouding.
PAGAD is terug!!
Die organisasie, People Against Gangsterism and Drugs oftewel, PAGAD is weer werksaam in Kaapstad. Die groep, wat in die negentigerjare uit gemeenskappe se frustrasie oor dwelms en bendegeweld ontstaan het, is later met 'n gewelddadige veldtog verbind. Die groep organiseer nou weer optogte teen vermeende dwelmhandelaars en bendelede en beweer hulle is deur gemeenskappe genader. Maar wat lê agter die hernude sigbaarheid en is dit bloot 'n gemeenskapsbeweging wat druk op die polisie wil plaas? Ons het met die skrywer en die polisie se voormalige misdaad-intelligensie operateur, David Africa hieroor gepraat.
Save video to ...