listen to Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal
Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

Drama

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 56

Klets besoek vir Sannie by die rehabilitasiesentrum om uit te vind of sy gaan terugkom nadat Rachel vir Moolman geskiet het. Frans en pastoor woon Rachel se eerste verhoor by, waar sy borgtog kry. Pieter wil nie hê Rachel moet namens hom die skuld dra vir Moolman se dood nie.

14:57

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 55

Moolman is woedend vir Rachel nadat sy die kliënt, vir wie sy 'n private dans moes doen, met sy drankie in die gesig gooi. Rachel vlug toe Moolman haar wil aanval, en daag by die karavaan op terwyl Pieter gereed maak om kerk toe te gaan. Klets hoor 'n rewolwerskoot in die agterplaas…

13:29

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 54

Louw bring Frans se rewolwer terug, en beloof hy sal 'n ogie oor Rachel hou. Klets skaf 'n stel tweerigtingradios aan, en laat Pieter een van die radios by hom dra vir veiligheid. Moolman reël dat Rachel 'n private dans vir een van sy belangrike kliënte doen.

13:37

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 53

Frans dreig vir Moolman, wat in reaksie vir Louw Visagie bel om hom te kom haal. Rachel het nie meer geld vir die hotelkamer waar sy en Pieter wegkruip nie, en besluit om terug te gaan na Moolman toe. Sannie vertel vir Frans sy wil vir alkoholverslawing-rehabilitasie gaan.

12:22

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 52

Klets merk dat Pieter nie die vorige aand in sy kamer geslaap het nie, en is bekommerd oor hom. Louw besoek vir Moolman by die nagklub om uit te vind of hy weet waar Rachel haar bevind.

13:27

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 51

Klets vertel vir Louw Visagie dat Moolman vir Rachel kom soek het. Frans is bekommerd oor Sannie wat al meer teruggetrokke raak, en is bang sy drink weer skelm. Rachel bel vir Pieter uit die bloute.

12:43

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 50

Klets en Sannie loop die akteur raak by die supermark, en Sannie nooi hom na Pieter se verjaarsdagpartytjie. Pieter vertel vir Frans dat Rachel by hom was en 'n blou oog het nadat Moolman haar geslaan het. Moolman daag onverwags op by Pieter se verjaardag en soek vir Rachel.

13:12

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 49

Moolman wil sy geld terughê ná die fiasko by die rampartytjie. Rachel daag in die middel van die nag by Pieter op met 'n blou oog nadat sy en Moolman rusie gehad het. Sannie besluit om terug te gaan.

13:42

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 48

Moolman wil hê Rachel moet gaan dans by 'n rampartytjie, maar sy weier. Frans besoek vir Sannie by die plek vir haweloses en smeek haar om huis toe te kom. Sannie aanvaar Gerda se aanbod om tydelik by haar te gaan woon.

13:41

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 47

Frans soek vir Sannie, en vind haar by Giel se Gat. Klets vra vir Gerda om te help om Sannie te vind. Gerda gaan soek vir Sannie, en vind haar by 'n plek vir haweloses. Sy probeer haar oortuig om huis toe te kom.

12:45

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 46

Frans is woedend vir Sannie wat skelm drink, en sluit haar in die karavaan toe. Pieter besoek Rachel by haar woonstel, en sy vra hom om haar nie weer te kontak nie. Klets dreig om die Welsyn te bel toe Frans en Sannie weer baklei.

11:30

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 45

Klets neem vir Pieter na Louw Visagie om hom te vertel van die geheimsinnige pakkie wat Rachel vir Moolman in Durban gaan aflewer. Louw keer Rachel voor by die lughawe en onderskep die pakkie.

12:54

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 44

Pieter doen aërobiese oefeninge saam met Klets, en kla dat sy besig is om sy lewe oor te neem. Frans besoek vir Moolman en vertel hom die polisie het kom navraag doen oor Nico se verdwyning. Rachel stem in om die pakkie vir Moolman in Durban saam met Natasja af te lewer.

12:34

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 43

Frans wys sy nuwe klere vir Sannie, en sy en Klets dink hy lyk meer soos 'n rugbyondersteuner as iemand wat werk soek. Moolman neem Rachel op 'n verrassingsuitstappie en maak haar 'n aanbod om meer geld te verdien as wat sy met die dansery by die nagklub verdien.

13:33

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 42

Pieter is geskok wanneer hy die tydrooster sien wat Klets vir hom uitgewerk het. Louw Visagie besoek Rachel by Moolman se nagklub om uit te vind wanneer laas sy vir Nico gesien het, en deel haar die nuus mee dat hulle Nico se lyk op 'n mynhoop gevind het.

13:03

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 41

Frans besluit hy gaan sy hare laat sny en vir hom klere koop, maar is geheimsinnig oor hoekom hy dit wil doen. Sannie konfronteer Klets omdat Klets kwansuis besig is om Pieter van Sannie te vervreem. Visagie lê besoek af by Frans om hom te ondervra oor Nico se verdwyning.

14:32

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 40

Blikkies se begrafnis word gehou, en Klets bly agter by Blikkies se graf. Frans is ontsteld as hy vir Sannie vang wat skelm drink. Klets besluit sy gaan voortaan Pieter se roetine vir hom reël.

14:58

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 39

Gerda ontmoet Rachel om met haar te gesels oor haar dansery by Moolman se nagklub. Klets is emosioneel oor Blikkies se begrafnis wat op hande is. Frans vra die pastoor om saam met hom na die nagklub te gaan waar Rachel dans, en is geskok as hy sy dogter voor almal sien ontklee.

15:01

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 38

Klets besluit sy gaan Blikkies se buitekamer vir Pieter inrig sodat hy daar kan bly. Pieter vertel vir Frans dat Nico spoorloos verdwyn het en dat sy ouers hom as vermis by die polisie gaan aangee het. Frans verras Sannie met 'n romantiese ete en alkohol-vrye sjampanje.

14:19

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 37

Klets gaan maak reëlings met pastoor Fredericks vir Blikkies se begrafnis. Gerda besoek Sannie en is geskok om haar in so 'n toestand te sien. Sannie gaan soek Frans op by Giel se Gat, en hulle herenig.

15:03
Close

Save video to ...