FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 3
Shorty Swanepoel is behoorlik in die warm water. Rian du Preez ontbied hom om vir hom al die inklok- en uitkloktye van elke drywer, asook die dieselstrokies van die Mosambiekse aflewering, te bring. Cor is terug, en hy en Rian bespreek die gemors waarin Shorty hulle gedompel het. Cor ontvang ‘n oproep van ‘n vreemde nommer. Dit verander hulle planne drasties.
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 2
Piet du Preez belê ‘n noodvergadering, maar nie om te gesels oor Cor se verdwyning nie. Dit gaan oor ‘n verdagte Fortuna Trans-trok wat verlate staan op die Mosambiekse grens. ‘n Stewige boete moet betaal word. Rian kry ‘n interessante oproep. Cor is dalk veel nader as wat almal dink.
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 1
Daar is ‘n ligte atmosfeer in die kantore van Fortuna Trans. Dit is net nog ‘n doodgewone oggend by die Du Preez-familie se onderneming, tot Anika ‘n oproep ontvang. Piet du Preez, die sakemagnaat en eienaar van Fortuna Trans, se jongste seun word vermis. Weet Anika meer as wat sy voorgee? Waar is Cor du Preez?
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 29 (slot)
Lena kry nie klaar gehuil nie. Emma hou nie op om haar te verras nie. Die kersversierings word weer geskuif. Lena en Emma maak boeke op. Die pakkamer kry ‘n nuwe naam.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 28
Ben nooi Hannes vir koffie en skok hom. Rudolf is erg ontsteld. Hy soek raad by Oupa Krismis. Dis weer tyd vir groet en afskeid. Die kersversierings en huismense is ewe hartseer.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 27
Lena bespreek haar ontsteltenis met Hannes, wat nie raad het nie. Oupa Krismis soek naarstigtelik na ‘n oplossing vir die kersversierings se jongste krisisse. Hy is verstom om te sien wie staan nader om te help. Hy beleef ‘n aand wat hy nooit sal vergeet nie.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 26
Daar is ‘n geskarrel in die sitkamer want ‘n Kersboom word versier, en alles moontlik word gedoen om te verseker dit loop nie op ‘n deurmekaarspul uit nie. Luma neem ‘n groot besluit. Hoe goed daar ook al beplan is, eindig die dag op ‘n droewige noot.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 25
‘n Hartseer Lena soek raad by Gloria. Gloria klop dadelik by Oupa Krismis aan vir bystand. Waaroor gaan al die drama? Worsie kom uiteindelik terug van sy naweekuitstappie vanaf Daisy. Die kersversierings hou asem op. Waarmee is Lena so bedrywig?
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 24
Hannes en Emma begin met Hannes se stapoefeninge. Gloria maak seker die kersversierings weet dis Welwillendheidsdag en almal weet wat dit beteken. Laataand begelei ‘n ontstelde Rudolf vir Gloria tuin toe. Wat het hy op sy hart?
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 23
Dis Oukersaand. Ben sit half verlore in die tuin. Lena druk hom in ’n hoek, en die twee praat hulle harte leeg. Luma en Lux besluit dis tyd om Blink uit sy wroeging te help. Almal se harte moet vol van die Kersfeesgees wees. Ben het ‘n groot versoek vir Oukersaand. Daar is ‘n klop aan die deur, en pandemonium breek los in die huis.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 22
Rudolf ontpop in ‘n storieverteller. Oupa Krismis en Rudolf maak vrede. Emma bly tog te geheimsinnig, en Ben kan dit nie meer hou nie. Emma het nóg ’n verrassing, en dit neem die wind heeltemal uit Ben se seile.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 21
Lena en Hannes hou voor hulle garage stil, en is heeltemal verstom. Hulle kan nie glo wat hulle sien nie. Die Kersboom is uiteindelik versier, en dit het Lena in trane. Wie hang waar? Blink is nie op ‘n goeie plek nie. Hoekom nie? Tinsel en Worsie spring aanmekaar.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 20
Emma is nog lank nie klaar om Lena en Hannes te verras nie. Emma en Ben word onverwags na die parkie naby hulle huis genooi, en hulle beleef ‘n onvergeetlike dag. ‘n Vreemde vrou klop aan Lena-hulle se voordeur.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 19
Die kersversierings is afgehaal omdat daar net eenvoudig nie tyd is om die Kersboom te versier nie. Dis asof daar aanmekaar verskonings is dat dit nie gebeur nie. Wanneer die nuwe Hollandsprekende kersversierings boonop voorkeurbehandeling kry, is die gevestigde kersversierings in sak en as.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 18
Daar is skielik net nie ‘n einde aan Tinsel se blink idees vir pakkamerproduksies nie. Hy is vas van plan om al die kersversierings te betrek. Ben moet bontstaan om seker te maak sy ma en pa kom nie agter wat besig is om by die huis te gebeur nie. Oupa Krismis stof Rudolf die Rooineus Takbok behoorlik af.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 17
Ben moet vroeg opstaan, want meneer Eben Glas daag by die huis op met sy werksvragmotor vol verrassings. Wat het Lux oorgekom? Ben praat onverwags verrassend mooi met die kersversierings. Worsie is weer op sy ergste, en hy gee van die kersversierings hope gas.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 16
Die huisgesin stres oor Hannes. Emma moet in leketaal vir Lena beduie wat gaan vir wat. Emma voer baie planne in die mou, wat Lena en Hannes heeltemal onkant vang. Daar is goeie nuus oor Worsie. Die kersversierings bestudeer die tekening wat Emma gemaak het oor hoe sy die Kersboom wil versier. Nie een van die kersversierings hou van Emma se tekening nie.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 15
Hannes gee vir Emma grys hare. Worsie maak skandes, en dryf Lena teen die mure uit. Wat gebeur? Blink is bekommerd oor hoe sake deesdae in die huis verloop. Met wie deel hy sy kommer? Die dag kan nie op ‘n meer ontstellende noot eindig nie.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 14
Tinsel onthou sy jeugdroom, en hy glo dis tyd om dié droom vlerke te gee. Waaroor gaan dit? Daar is nog ‘n liederlike bekgeveg in die tuin. Oupa Krismis praat Luma moed in. Een van die nuwe Hollandsprekende kersversierings is besig om kop en skouers bo die ander uit te staan. Wie is hy? Wat beplan hy?
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 13
Nog ‘n kersversiering steek ‘n spoggerige toespraak af. Dis duidelik dat daar voortaan Hollands in dié huis gepraat sal word. Lena besluit sy moet iets doen om vir Hannes te help. Wie help haar? Nóg ‘n ontvoering word aangemeld, en laat die kersversierings skarrel. Oupa Krismis raak kwaai.
Save video to ...