listen to Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal
Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

Drama

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 29

Marnus probeer Elzebet oortuig om die mooiste erf op sy landgoed te koop. Hy besef dat hy Elzebet sal moer leer hoe om ‘n sakeplan op te stel, anders vou Die Boskombuis weer. Hy lei haar op.

14:45

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 28

Jorrie waarsku vir Lienkie dat die eienaar van die vulstasie haar moontlik wil dagvaar. Klara hoor weer die hipnotiserende musiek uit die kloof, en sy besluit om te gaan kyk presies waar dit vandaan kom.

14:46

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 27

Die nuus dat Xander nie vir die aanval op Shaun verantwoordelik is nie, skok almal. As dit nie hy was nie, wie is die skuldige?

14:46

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 26

Marnus is ingenome met die nuwe reklameborde wat Lienkie vir Neelsie gemaak het, en maak haar ‘n aanbod, maar hy stel sekere voorwaardes

14:43

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 25

Die koffieplek, Neelsie, open uiteindelik, en die hele kloof is daar om die inwyding by te woon. Xander is egter nie so ingenome met die sukses van die opening nie.

14:45

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 24

Dit lyk of daar besig is om iets te ontwikkel tussen Marnus en Elzebet, en Mawiet is bekommerd. Sy vertrou Marnus net so ver sy hom kan sien. En hulle het nog nie eers behoorlik ontmoet nie.

14:13

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 23

Shaun is so getraumatiseerd deur die aanval, dat hy nie alles wat gebeur het behoorlik onthou nie. Hy vlug terug Johannesburg toe, en laat meer vrae as antwoorde.

14:47

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 22

Shaun is aangerand en die inwoners probeer bepaal wie daarvoor verantwoordelik is. Marnus verdink vir Xander vir die geweld.

14:44

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 21

Shaun vertel vir Neels dat sy ma sy pa vir ‘n egskeiding gedagvaar het, en nou met die helfte van sy besittings wegloop, onder andere die helfte van sy landgoed.

14:44

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 20

Nadat ‘n damwal verkrummel is Neelsie in gevaar. Hy besef dat die slyk die ingang na Neelsie, sy koffieplek, kan toeslik.

14:52

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 19

Daar is ‘n groot bakleiery by die huisie wat Xander huur, en dit veroorsaak baie skinderstories. ‘n Onbekende meisie is hierby betrokke. Die inwoners is bekommerd dat Marnus die hele kloof sal opkoop.

14:45

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 18

Neels gebruik Elzebet as sy eerste kliënt om sy verskillende soorte koffies te toets. voordat hy Neelsie amptelik open. Jorrie en Lienkie bespreek hulle planne vir die toekoms.

14:43

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 17

Neels se wonde word verbind na die groot geveg. Lienkie het idees oor hoe op Neelsie te reklameer.

14:44

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 16

Die brand het geweldige gevolge. Verskeie mense word daarvan verdink dat hulle by die brand betrokke sou gewees het. Xander slaan munt uit die chaos en beskou die dele van die fabriek wat afgebrand het.

14:55

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 15

Jorrie vry hard na Lienkie, maar sy hou hom op ‘n afstand omdat sy voel dat sy hom nog nie goed genoeg ken nie. Hulle gaan daardie aand na die inwyding van ‘n nagklub in Nelspruit, en hulle gevoel vir mekaar raak hier skielik sterker.

14:38

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 14

Marnus neem Elzebet na sy huis bo teen die berg, en sy besef nou eers hoe ryk en invloedryk die man is, veral wanneer sy sy drieverdiepingpaleis sien. Sy verneem ook dat hy pas geskei het. Xander maak planne oor hoe om sy roomysfabriek van die grond af te kry.

14:49

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 13

Marnus en Xander ontmoet in die roomysfabriek, en daarna besef Elzebet dat sy nogal van Marnus hou. Dis die eerste keer dat sy so oor ‘n man voel. Shaun en Xander het ‘n lelike onderonsie.

14:54

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 12

Xander verras Elzebet met ‘n besoek nadat hy teruggekeer het, en ontdek iets in haar huis wat hy graag wil koop. Elzebet is te verbaas om behoorlik te reageer. Neels maak ‘n voorstel aan Mawiet oor hoe sy by sy nuwe koffieplek betrokke kan raak, maar haar hart is in die restaurant.

14:54

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 11

Ná die storm is Neels en Klara in ‘n geweldige argument betrokke. Elzebet maak ‘n groot bekentenis aan Mawiet. Mawiet weet nie herwaarts of derwaarts nie.

14:49

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 10

‘n Geweldige storm bars oor die vallei los en verspoelings vind plaas. Klara is genoodsaak om die nag by Neels oor te bly. Ou liefde begin weer kop uitsteek. Dan kry Lienkie ‘n skokkende tyding.

14:43
Close

Save video to ...