listen to Middagvervolgverhaal
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 2
Ma Sannie vra vir Frans om te gaan kyk waar Rachel woon. Klets wil by Sannie weet wanneer hulle die huur gaan betaal, aangesien hulle nog net 'n deposito betaal het. Pieter vra oom Blikkies om saam met hom na die woonstelblok te gaan waar Rachel woon, maar die veiligheidswag wil hulle nie inlaat nie.
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 1
Die Conradie-gesin neem noodgedwonge hulle intrek in Klets Vermeulen se karavaan in die agterplaas. Sus Rachel is geskok toe sy besef sy moet die karvaan met haar ouers deel. Pieter probeer sus Rachel oortuig om te bly, maar sy pak haar goed en besluit sy gaan tydelik by haar vriendin Alet woon.
DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 60 (slot)
Wolfgang se lewe word gevier. Die Vallei se kelder kry nuwe bestuur, en David vertel uiteindelik vir Amelia hoekom hy teruggekom het.
DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 59
Bart konfronteer vir Robert, en uiteindelik kom die waarheid uit oor die lyk in die dam, en wat gebeur het. Amanda eindig op in die hospitaal, en twee jong verliefdes eindig op in mekaar se arms.
DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 58
Amanda en Delia is klaar met die laaste reëlings vir die groot fees die volgende dag. Hulle gaan huis toe. Delia eindig op by Lucian, waar sy graag met hom wil praat. Hy is nog koud teenoor haar. Amanda word by die hotel ingewag deur ‘n gewonde Robert, wat dokumente uit die hotel se kluis wil hê.
DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 57
Amanda is besig met die laaste reëlings vir die fees. Robert hou vir Regardt teen sy wil gevange. David en Amelia probeer om Regardt te red. Daar is ’n struweling, en ‘n skoot gaan af...
DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 56
Lucian konfronteer vir Delia oor hulle verhouding. Bart en David praat oor David se ma en alles wat Bart oor haar uitgevind het. Amelia is bekommerd oor haar broer wat nie die vorige aand by die huis opgedaag het nie.
DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 55
Bart het die kliniese verslag van die Kaap af ontvang oor die lyk in die dam. Regardt en Robert praat oor die aand by die dam toe Lena verdwyn het. Bart wil met Shereen en David praat. Sal ons uiteindelik uitvind wie se lyk in die dam gevind is?
DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 54
Almal in die vallei is besig met voorbereidings vir die Hunt for Wine-fees. Regardt raak desperaat oor die plaas se skuld en hoe hy die probleem sal oplos. Regardt aanvaar Robert se uitnodiging om te ontmoet.
DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 53
Delia moet by die streekskantoor gaan verduidelik wat met die geld gebeur het vir die kinders se etes. Sy vra Lucian om saam met haar te gaan. Bart help vir Amelia met haar vorige boyfriend-probleem, maar wil alles weet wat sy kan onthou van die drie vroue se verdwynings.
DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 52
Terwyl die brandweer die veldbrand blus, kom hulle op Robert se uitgebrande kar in die myndam af. Almal is besig om reg te maak vir die groot fees. David en Regardt het ‘n groot uitval oor die rigting waarin David beweeg met Rooivallei se wyne.
DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 51
David en Shereen bekruip Robert se ma se huis. Hulle hoop hy is daar, maar het geen idee wat hulle sal doen as hulle hom betrap nie. Daar is rook in die rigting van Bergplaas. Het die voorbrand buite beheer uitgeraak?
DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 50
Lisa vertel vir Amelia dat David eintlik die eienaar is van die familie se aandele in die kelder, en Regardt dink dis die rede hoekom David teruggekom het - om sy pond vleis te kom eis. David en Shereen probeer vir Robert opspoor, en sonder dat hulle dit besef, loop hulle in ‘n lokval in.
DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 49
Delia konfronteer Cindy met die opname wat sy het, en Cindy verloor al haar sinne. David en Shereen besluit om saam vir die vallei te baklei. Lucian en Delia volg vir Cindy in die hoop dat sy vir Robert sal ontmoet.
DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 48
Delia vra vir Lisa om haar by te staan in die saak, wat die Onderwysdepartement teen haar gemaak het. Regard vertel vir Lucian van sy verhouding met die meisie wat op die bergplaas weggeraak het. Delia en Cindy het hulle finale ontmoeting.
DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 47
Lisa en Shereen het ‘n gesprek oor die verlede, veral oor hoe Shereen van die plaas af weg is. Cindy maak ‘n besigheidsvoorstel aan David, wat hy nie sommer net kan ignoreer nie. Lisa vind die waarheid uit oor wie die meeste aandele in die Rooivallei-kelder besit.
DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 46
Lucian en Regardt moet voorbrand maak op Bergplaas. Lucian en Delia kan net nie tot ‘n vergelyk kom nie. Lisa kom terug van die vakansiehuis af. Wolfgang het iets vir haar in sy testament gelos.
DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 45
Amelia en Amanda kry die hotelkamer reg vir Delia en Cindy se gesprek. Anna konfronteer vir Cindy om haar kwaad en desperaat te maak. Almal hoop dat Delia vir Cindy kan kry om haarself te impliseer sonder dat sy iets agterkom, of is Cindy slimmer as wat hulle dink?
DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 44
Amanda kry vir Amelia om haar te help met Wolfgang se laaste wens. Amelia en Regardt het ‘n idee oor hoe Delia vir Cindy kan uitoorlê. Nou moet hulle vir Delia oorreed om te doen wat nodig is vir hulle plan om te werk.
DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 43
Amanda is terug in die vallei om haar oom se hotel oor te neem. Haar oom het ‘n interessante laaste versoek gehad. Anna praat met Shereen oor haar dogter wat jare gelede verdwyn het. Anna probeer vir Shereen oorreed dat almal in die vallei moet saamwerk teen Robert, anders sal hulle alles verloor.
Save video to ...