Spektrum

News

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Spektrum 2 Julie 2025

Die minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald, sê die land se korrektiewe fasiliteite staan voor menige uitdagings. Die stryd teen misdaad in Gauteng word belemmer deur die gebrek aanhoudingselle by polisiestasies in die provinsie. Die weermag se hoof van regsdienste gedagvaar om te verduidelik hoekom regshulp nie aan die voormalige weermaglid, generaal Christoffel van der Westhuizen, gegee word nie.

53:53

Spektrum 1 Julie 2025

Die DA dien strafregtelike klagte in teen die minister van hoër onderys, Nobuhle Nkababe. Die Suid-Afrikaanse Polisie Unie eis dat 'n kommissie van ondersoek ingestel word na die polisie se misdaadintelligensie-eenheid. Duisende onderwysassistente in Gauteng wag nog op hulle toelaes weens vertragings in die verifikasieproses. Die Afrikaner-afvaardiging is terug in Suid-Afrika ná hulle vergadering met die Amerikaanse regering.

50:02

Spektrum 30 Junie 2025

Transnet se voormalige bestuurshoof, Brian Molefe, in hegtenis geneem in verband met 'n omstrede lokomotief-tender in 2012. Kommer oor die omstandighede waaraan kinders by die Ezibeleni skool vir gestremdes in Gauteng uitgelewer is. Ons neem die Reuters Instituut se jongste digitale mediaverslag in oënskou.

55:02

Spektrum 27 Junie 2025

Ons neem die jongste onderonsie in die Regering van Nasionale Eenheid onder die loep. Dit is tyd vir munisipaliteite om professionele instellings te word. sê die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging. Owerhede in die Oos-Kaap is bekommerd oor die skerp toename in ernstige misdaad in die provinsie.

48:45

Spektrum 26 Junie 2025

Suid-Afrika herdenk 70 jaar sedert die aanvaarding van die ANC se Vryheidsmanifes. Veeboere in Vryheid in die noorde van KwaZulu-Natal steier onder die uitbreking van bek-en-kouseer. Reaksie op die minister van verdediging se erkenning dat daar groot probleme in die strukture van die Weermag is.

49:50

Spektrum 25 Junie 2025

Verskeie mosies van wantroue word vandag in die Johanneburg-metroraad ter tafel gelê. Ons neem Eskom en City Power se elektrisiteit-skuldskikking vir die Johannesburg-metro onder die loep. Oudpresident Thabo Mbeki doen 'n beroep op die internasionale gemeenskap om nie stil te bly oor die eskalerende konflik in die Midde-Ooste nie.

50:12

Spektrum 24 Junie 2025

Die verdagte in die moord op die 14-jarige Lekona Fose van Durban Deep verskyn in die hof. Vakbonde eis dringende beleidshervormng in die keuring van beamptes wat polisierekrute moet oplei. Ons praat met 'n ontleder oor die skietstakingooreenkoms tussen Israel en Iran.

53:24

Spektrum 23 Junie 2025

Aanvalle tussen Israel en Iran duur voort. Die prys van olie styg ná Amerika se aanvalle op kernaanlengte in Iran. Die nasionale kommissaris van Korrektiewe Dienste sê hulle verskerp pogings om leierskap in die departement te verbeter. Tien Suid-Afrikaanse swartrenosters word suksesvol in 'n reservaat in die suide van Mosambiek hervestig.

50:30

Spektrum 20 Junie 2025

Die 30ste bestaansjaar van die Konstitusionele Hof word in Johannesburg herdenk. Nog entstowwe word binnekort uit Botswana verwag om bek-en-klouseer in verskeie provinsies te bekamp. Die Universiteit Stellenbosch se nuwe kanselier word vandag ingehuldig.

52:24

Spektrum 19 Junie 2025

Action SA eis die kop van die NVG-hoof, Shamila Batohi. Fedsas dien 'n klag by die MRK in oor sistemiese mislukkings in die openbare onderwysstelsel. Ons fokus op die politieke toekoms van Floyd Shivambu.

53:14

Spektrum 18 Junie 2025

120 Aanbevelings van die Zondo-kommissie oor staatskaping het glo reeds aandag geniet. Die inflasiekoers bly onveranderd op 2,8%, maar kospryse styg verder. Die Protea-krieketspan keer terug ná hulle segetog op Lords in Londen.

55:20

Spektrum 17 Junie 2025

Die EFF sê hulle sal help met die identifisering van die slagoffers van 'n busramp naby Vryheid in KwaZulu-Natal. Die laaste Suid-Afrikaanse soldate uit die Kongo kom vanmiddag in die land aan. 'n Dinosourus-museum maak sy deure oop in die Golden Gate-natuurreservaat.

52:53

Spektrum 16 Junie 2025

Die regering vier Jeugdag in Noordwes onder die tema, Bemagtiging van die Jeug vir Betekenisvolle Ekonomiese Deelname. 'n Derde groep soldate wat in die DRK ontplooi was, keer vandag terug na Suid-Afrika. Israel se weermag sê hy het sedert Vrydag meer as 120 missiellanseerders in Iran vernietig.

53:36

Spektrum 13 Junie 2025

President Cyril Ramaphosa en ander regeringslui besoek die Oos-Kaap waar oorstromings talle lewens geëis het. Verbruikers moet hulle staal vir hoër rooivleispryse te midde van pogings om die uitbreking van bek-en-klouseer te bekamp. Tien van die elf beskuldigdes in die SASSA-bedrogsaak van miljoene rand is borgtog toegestaan.

50:00

Spektrum 12 Junie 2025

Beskuldigdes wat na bewering R260-miljoen by SASSA gesteel het, verskyn in die hof. Ontvoerings in Gauteng neem toe. Hoe bang moet ons wees vir die nuwe Covid-uitbreking oorsee?

45:33

Spektrum 11 Junie 2025

Nog liggame word uit die water gehaal waar 'n minibustaxi met skoolkinders gister deur vloedwater in die Oos-Kaap meegesleur is. Die aankondiging van 'n nasionale dialoog ontlok reeds kritiek. 'n Nuwe reënpaddaspesie word in KwaZulu-Natal ontdek.

52:15

Spektrum 10 Junie 2025

Bek-en-klou-entstof word nou uit Botswana ingevoer. Die regter in die Senzo Meyiwa-moordsaak bied verskoning aan vir sy uitlatings. Koue weer ontwrig verkeer in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap.

50:00

Spektrum 9 Junie 2025

Wye reaksie op die sogenaamde "Bomeenheid" van die Johannesburgse burgemeester, wat glo dienslewering moet verbeter. 'n Dik laag sneeu op die Lootsbergpas tussen Graaff-Reinet en Middelburg in die Oos-Kaap lei tot die sluiting van die N9. Inwoners van Boksburg kla oor suur mynwater wat in die woonbuurt se waterbronne beland.

51:59

Spektrum 6 Junie 2025

Negehonderd werknemers van die 70-jaar oue Goodyear-maatskappy se werk is in die gedrang. Die Weerdiens waarsku oor die impak van 'n kouefront wat groot dele van die land die naweek tref. Kaapstad bring hulde aan die kulturele aktivis en jazzpionier, Rashid Lombard.

50:38

Spektrum 5 Junie 2025

Die Vereniging van Gesondheidsfinansiers sleep die regering hof toe oor die Nasionale Gesondheidsversekeringsplan. Motoriste in Gauteng gaan in die toekoms nuwe nommerplate kry. Huldeblyke stroom steeds in ná die dood van Rashid Lombard. Die bekamping van plastiekbesoedeling is onder die vergrootglas op Wêreld Omgewingsdag.

52:54
Close

Save video to ...