Spektrum

News

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Spektrum 18 Julie 2025

Jayden-Lee Meek se vermeende moordenaar gaan vandag om borgtog aansoek doen. Defend South Africa eis die president se bedanking. Ons praat met ‘n kenner oor nabygeleë ruimtevoorwerpe wat 'n gevaar vir die aarde kan inhou. 'n Teaterproduksie oor mensehandel en misdaadsindikate het feesgangers by die Vrystaat Kunstefees aan die praat.

53:02

Spektrum 17 Julie 2025

Roelf Meyer en professor Tinyiko Maluleke is aangestel as die voorsitters van die beplande Nasionale Dialoog. Die Verenigde Nasies veroordeel Israel se lugaanvalle op Sirië. Ons praat met Vrystaat Landbou oor veiligheid aan die Lesotho-grens. Kaderontplooiing kom onder die soeklig. 'n Nuusveteraan praat oor SABC NUUS se 75ste herdenking.

51:19

Spektrum 16 Julie 2025

Die DA sê hulle inligting oor Mcebisi Jonas se swak ontvangs as saakgelastigde in Amerika is onberispelik. Suid-Afrika se motoruitvoere na Amerika daal met tot soveel as 85-persent. Navorsing wys dat 10 ton kos jaarliks vermors word, terwyl Suid-Afrikaners verhonger.

53:40

Spektrum 15 Julie 2025

Verskeie onganisasies, waaronder die MK-party, betoog teen president Cyril Ramaphosa se kommissie van ondersoek na bewerings van polisiekorrupsie. Die G20-lidlande vergader oor omgewingsake in die Nasionale Kruger Wildtuin. By die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein praat die span oor die jongste uitbreking van bek-en-klouseer in Kroonstad, en 'n politieke ontleder werp lig op die toekoms van die sukkelende Mangaung-metro.

55:16

Spektrum 14 Julie 2025

President Cyril Ramaphosa se komissie van ondersoek na korrupsie in die polisie, nasionale vervolgingsgesag en regsbank ontlok uiteenlopende reaksie. Onsekerheid oor Johannesburg se planne met 'n sportklub en die botaniese tuin. Besoekers stroom na die nuwe dinosourusmuseum in die Golden Gate Nasionale Park.

54:05

Spektrum 11 Julie 2025

Die Suid-Afrikaanse Polisie-unie eis die bedanking van die polisieminister te midde van ernstige bewerings van korrupsie. Die eerste vergadering word vandag gehou oor die komende Nasionale Dialoog. Kommer heers oor ouer mense wat deesdae toenemend die teiken van kuberkrakers word.

47:58

Spektrum 10 Julie 2025

Die DA dien klagte in teen die minister van polisie Senzo Mchunu. ActionSA betoog in KwaZulu-Natal teen, wat hy noem, die verdiepende krisis in die strafregstelsel. Wie is die omstrede sakeman Vusimusi Cat Matlala, wat by bewerings van polisiekorrupsie betrek word? Suid-Afrika se MIV/Vigs-program gaan voort ondanks die onttrekking van Amerika se Pepfar-befondsing.

50:13

Spektrum 9 Julie 2025

Die Menseregtekommissie vra die president om 'n kommissie van ondersoek in te stel na bewerings van politieke inmenging deur die minister van polisie. Die ANC se sekretaris-generaal sê die minister van hoër onderwys het nie gelieg oor die omstrede SETA-aanstellings nie. Die minister van grondhervorming en landelike ontwikkeling maak nuwe wetsvoorstelle om grondhervorming te bespoedig.

53:59

Spektrum 8 Julie 2025

President Cyril Ramaphosa sê Amerika se hoër invoertariewe is onredelik. Honderde skole in Gauteng is sonder krag en water weens agterstallige munisipale rekeninge. Die ontslape voormalige adjunkpresident, David Mabuza, word Saterdag met 'n kategorie twee staatsbegrafnis vereer.

52:08

Spektrum 7 Julie 2025

Die nasionale polisiekommissaris sê misdaadvoorkoming gaan normaal voort, ondanks bewerings teen senior polisieamptenare. Intussen is alle oë op die Parlement waar die kwessie moontlik vandag bespreek word. Navorsing deur Stellenbosch Bestuurskool wys 'n toenmende voorkoms van narisstiese eienskappe onder topleiers. Verskeie mense is in hegtenis geneem tydens klopjagte, wat deel vorm van Johannesburg se nuwe hoë-impak diensleweringsprogram.

51:52

Spektrum 4 Julie 2025

Huldeblyke stroom in vir die voormalige adjunkpresident David Mabuza, wat in die ouderdom van 64 in 'n Johannesburgse hospitaal gesterf het. Die Umkhonto weSizwe-Party hou vol dat sy fondamente stewiger is as ooit tevore. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens reik waarskuwings uit vir ysige koue weer vir groot dele van Suid-Afrika die naweek.

51:22

Spektrum 3 Julie 2025

Is die afkeur van begrotings die beste manier om geskille binne die Regering van Nasionale Eenheid op te los? Owerhede benadruk dat daar nié 'n wagtyd is vir mense om vermiste kinders aan te meld nie. 'n 37-jarige vrou verskyn in die hof in verband met die ontvoering van 'n pasgebore baba. Werknemers van die Johannesburg-metro beweer die stad se omstrede Bomeenheid intimideer hulle.

52:18

Spektrum 2 Julie 2025

Die minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald, sê die land se korrektiewe fasiliteite staan voor menige uitdagings. Die stryd teen misdaad in Gauteng word belemmer deur die gebrek aanhoudingselle by polisiestasies in die provinsie. Die weermag se hoof van regsdienste gedagvaar om te verduidelik hoekom regshulp nie aan die voormalige weermaglid, generaal Christoffel van der Westhuizen, gegee word nie.

53:53

Spektrum 1 Julie 2025

Die DA dien strafregtelike klagte in teen die minister van hoër onderys, Nobuhle Nkababe. Die Suid-Afrikaanse Polisie Unie eis dat 'n kommissie van ondersoek ingestel word na die polisie se misdaadintelligensie-eenheid. Duisende onderwysassistente in Gauteng wag nog op hulle toelaes weens vertragings in die verifikasieproses. Die Afrikaner-afvaardiging is terug in Suid-Afrika ná hulle vergadering met die Amerikaanse regering.

50:02

Spektrum 30 Junie 2025

Transnet se voormalige bestuurshoof, Brian Molefe, in hegtenis geneem in verband met 'n omstrede lokomotief-tender in 2012. Kommer oor die omstandighede waaraan kinders by die Ezibeleni skool vir gestremdes in Gauteng uitgelewer is. Ons neem die Reuters Instituut se jongste digitale mediaverslag in oënskou.

55:02

Spektrum 27 Junie 2025

Ons neem die jongste onderonsie in die Regering van Nasionale Eenheid onder die loep. Dit is tyd vir munisipaliteite om professionele instellings te word. sê die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging. Owerhede in die Oos-Kaap is bekommerd oor die skerp toename in ernstige misdaad in die provinsie.

48:45

Spektrum 26 Junie 2025

Suid-Afrika herdenk 70 jaar sedert die aanvaarding van die ANC se Vryheidsmanifes. Veeboere in Vryheid in die noorde van KwaZulu-Natal steier onder die uitbreking van bek-en-kouseer. Reaksie op die minister van verdediging se erkenning dat daar groot probleme in die strukture van die Weermag is.

49:50

Spektrum 25 Junie 2025

Verskeie mosies van wantroue word vandag in die Johanneburg-metroraad ter tafel gelê. Ons neem Eskom en City Power se elektrisiteit-skuldskikking vir die Johannesburg-metro onder die loep. Oudpresident Thabo Mbeki doen 'n beroep op die internasionale gemeenskap om nie stil te bly oor die eskalerende konflik in die Midde-Ooste nie.

50:12

Spektrum 24 Junie 2025

Die verdagte in die moord op die 14-jarige Lekona Fose van Durban Deep verskyn in die hof. Vakbonde eis dringende beleidshervormng in die keuring van beamptes wat polisierekrute moet oplei. Ons praat met 'n ontleder oor die skietstakingooreenkoms tussen Israel en Iran.

53:24

Spektrum 23 Junie 2025

Aanvalle tussen Israel en Iran duur voort. Die prys van olie styg ná Amerika se aanvalle op kernaanlengte in Iran. Die nasionale kommissaris van Korrektiewe Dienste sê hulle verskerp pogings om leierskap in die departement te verbeter. Tien Suid-Afrikaanse swartrenosters word suksesvol in 'n reservaat in die suide van Mosambiek hervestig.

50:30
Close

Save video to ...