Trou is nie perdekoop nie

Society & Culture 2025

"Trou is nie Perdekoop nie is ’n eerlike en skreeusnaakse potgooi oor verhoudings, liefde, troues en die dinge wat niemand hardop sê nie. Met skerp humor en diep gesprekke delf RSG-aanbieder Eloise Cupido en akteur/skrywer Solomon Cupido saam met gaste en luisteraars in die hart van wat dit beteken om lief te hê — en lief te bly. Stories ontmoet raad, kultuur bots met realiteit, en tradisie word bevraagteken. Luisteraars kan uitsien na rou eerlikheid, prettige gesprekke, verrassende insigte en baie lag. Elke episode bring vars perspektiewe op die dinge wat ons almal na aan die hart lê.”

RSG Bekbasaar: Trou is nie Perdekoop nie - Episode 1

Ontmoet vir Eloïse en Solomon Cupido. Ja, hulle het dieselfde van. Nee, nee hulle is nié familie nie. Nee, hulle is nié getroud met mekaar nie! Dis amper soos ’n sitcom: twee Cupido’s wat oor die liefde praat, maar nie mekaar se Cupido’s is nie. In dié episode hoor jy hulle persoonlike stories – van die aanloop tot hulle eie troues, tot die realiteite ná die ja-woord. Hulle gesels eerlik, snaaks en met deernis oor die huwelik, gesinslewe, en hoe TROU IS NIE PERDEKOOP NIE méér as net ’n sêding is. Ons hoor ook wat om van die reeks te verwag, en hoe om self in te skakel.

01:29:28
Close

Save video to ...