RSG Bekbasaar: Trou is nie Perdekoop nie - Episode 1
Ontmoet vir Eloïse en Solomon Cupido. Ja, hulle het dieselfde van. Nee, nee hulle is nié familie nie. Nee, hulle is nié getroud met mekaar nie! Dis amper soos ’n sitcom: twee Cupido’s wat oor die liefde praat, maar nie mekaar se Cupido’s is nie. In dié episode hoor jy hulle persoonlike stories – van die aanloop tot hulle eie troues, tot die realiteite ná die ja-woord. Hulle gesels eerlik, snaaks en met deernis oor die huwelik, gesinslewe, en hoe TROU IS NIE PERDEKOOP NIE méér as net ’n sêding is. Ons hoor ook wat om van die reeks te verwag, en hoe om self in te skakel.
01:29:28
Save video to ...
