RSG Nuus en Aktualiteit

News

Aarto dalk die teenvoeter vir wetteloosheid

Alhoewel daar 'n vyf persent afname in padsterftes was vergeleke met dieselfde tydperk die vorige jaar, sê Minister Barbara Creecy dis steeds onaanvaarbaar dat 1 427 padsterftes aangemeld is, van 1 172 botsings. Syfers oor die omkopery van wetstoepassingsbeamptes, dronkbestuur en spoedoortredings gedurende hierdie tydperk bevestig dat wetteloosheid 'n groot probleem bly op ons land se paaie.Volgens Minister Creecy is 450 000 boetes vir verkeersoortredings uitgereik, 525 jaagduiwels is in hegtenis geneem, en 8 561 bestuurders se alkoholvlakke was meer as die toegelate limiet. Een bestuurder het 14 maal bo die limiet getoets. Die bestuurende direkteur van driving.co.za, Rob Hanfield Jones, sê ‘n strafpunt-stelsel soos AARTO, wat hier in Suid Afrika in werking gaan tree, werk elders in die wereld om gedrag op die paaie te verbeter.   

05:59

Steenhuisen se ingryping in bek-en-klouseer, dalk te min en te laat 

Die minister van landbou, John Steenhuisen, gaan die kabinet vra om die uitbreking van bek-en-klouseer tot 'n nasionale ramp te verklaar. Steenhuisen het gister 'n plan aangekondig om die siekte in die volgende tien jaar uit te roei, wat 'n massa-inentingsprogram insluit. Dié hoogs aansteeklike virussiekte het sedert April verlede jaar, na agt provinsies versprei. Vir reaksie hierop het ons op Monitor met die voorsitter van die Rooivleis Produsente Organisasie, Frik van Rooyen gepraat.

06:38

Knysna moet in die toekoms seewater-ontsouting oorweeg

Die uurglas loop leeg vir die owerheid om 'n dringende oplossing te vind vir die waterkrisis in Knysna in die Suid-Kaap. Die dorp het sowat agt dae se watervoorraad oor in sy hoofdam, die Akkerkloof-dam. Die provinsiale regering oorweeg dit om dié situasie tot 'n provinsiale ramp te verklaar om sodoende noodfondse en hulpbronne te bekom. Vir haar insig oor die kusdorp se waterkrisis, het ons op Monitor met  'n waterkundige van UNISA, Professor Anja du Plessis gepraat.   

06:25

Moet Nhlanhla Mkhwanazi 'n heraanstelling kry? 

Daar is nog geen aanduiding of die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi se kontrak hernu gaan word nie, aldan nie. Die Premier, Thami Ntuli, steun intussen Mkhwhanazi se aanstelling vir 'n tweede termyn. Mkhwanazi se kontrak eindig op 30 Maart vanjaar. Die voormalige Wes-Kaapse polisie-kommissaris en polisiekenner, Dr. Lennit Max het op Monitor sy mening gegee oor die vraag van heraanstelling. 

06:29

Moet die RNE meer vergader - deel 2

Soos ons gister berig het, tydens 'n spesiale vergadering van die Regering van Nasionale Eenheid in Oktober verleder jaar, is daar besluit dat die RNE elke maand van daar af sou ontmoet. Die aanvangklike vergadering is byeengeroep deur die president, nadat verskeie lede van die RNE gekla het dat die liggaam nooit vergader nie, en dit lei daartoe dat kritiese besluite oor belangrike kwessies nie geneem kan word nie. Sedert die Oktober vergadering is die besluit om elke maand te vergader toe ook herroep, en daar is besluit om gereeld te ontmoet. Dit het egter nie gebeur nie. Ons het gister met die leier van die VF Plus, dr Corne Mulder hieroor gepraat,  - ons het ook reaksie van ander party gekry hier is wat hulle te sê gehad het.

17:30

Paul O' Sullivan moet Pa staan voor die Ad-hoc Kommittee

Dis die mening van Ian Cameron, ‘n lid van die Parlement se Ad-hoc komitee wat bewerings van polisie-korrupsie ondersoek. Die omstrede veiligheidskonsultant, Paul O’Sullivan, wat al dikwels hoof-opskrifte gehaal het, se naam verskyn op die lys van finale getuies wat vanaf Woensdag voor die komitee moet verskyn. O'Sullivan het intussen aansoek gedoen om vanuit Brittanje te getuig, omdat hy glo vir sy lewe vrees. 

07:23

Alles wat jy moet weet oor die "Beste MatriekKlas" ooit

Die matriekklas van 2025 het 'n algehele slaagsyfer van 88 persent behaal. Dis die hoogste slaagsyfer ooit in die geskiedenis van die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen. In 2024 was die slaagsyfer 87-komma-drie persent. Ons het op Monitor met die onafhanklike eksamenraad gepraat oor die sukses wat daar behaal is. Ons praat ook met twee van die land se slimkoppe oor hulle planne vir 2025 en besin met ’n ontleder oor die groeiende vraag na plasing in tersiêre instellings wat oor al hoe minder plek het vir matrikulante wat met universiteitsvrystellings geslaag het.  

19:44

Spaza winkels dryf ongestoord handel...

Meer as 'n jaar na ses kinders van Soweto dood is nadat hulle lekkergoed geëet het wat gekoop is by 'n spaza-winkel, het nie veel verander nie. Die regering - by monde van die president - het drastiese ingrypings aangekondig vir die spaza-winkels en 'n groot veldtog is begin om die eienaars en winkels te registreer sodat daar beter beheer oor die produkte wat hulle verkoop uitgeoefen kon word. In die ondersoek na die gebeure wat gelei het tot die sterftes van die kinders, is gevind dat voedsel in onhigiëniese en selfs gevaarlike toestande geberg en verpak word in die informele handelaars se winkels. Tussen Septemebr en November 2024 is meer as 900 voorvalle van voedselvergitiging deur voedsel wat by die winkels gekoop is aangemeld. Ons praat nou met 'n Senior dosent in die Omgewingsgesondheids Program in die Fakulteit Toegepaste Wetenskappe by Kaapse Skiereiland Universiteit van Technologie Dr Mike Agenbag. 

05:01

Hoekom vergader die RNE nie?

Tydens 'n spesiale vergadering van die Regering van Nasionale eenheid in Oktober verleder jaar is daar besluit dat die RNE elke maand van daar af sou ontmoet. Die aanvangklike vergadering is byeengeroep deur die president, nadat verskeie lede van die RNE gekla het dat die liggaam nooit vergader nie en dit lei daartoe dat kritiese besluite oor belangrike kwessies nie geneem kan word nie. Sedert die Oktober vergadering is die besluit om elke maand te vergader toe ook herroep, en daar is besluit om gereeld te ontmoet. Dit het egter nie gebeur nie. Ons praat nou met die leier van die VF Plus dr.Corne Mulder

05:32

KOMMENTAAR 11 Jan 2025

Kommentaar: Die gaste is Prof Theo Venter van die NWU, Riana de Lange Vryskut Joernalis en Willem Els van die ISS se Enact program. DIe temas is onder meer, Iran, die ANC se agt Januarie verklaring en wêreld gebeure. 

57:37

Is daar Waarde vir Suid Afrika in maritieme oefeninge met China, Rusland en Iran?

Die Suid Afrikaanse Vloot sê sy multi-nasionale maritieme oefeninge,  WILL FOR PEACE 2026,  wat in Suid-Afrika se gebiedswaters plaasvind, is gemik op die oordrag van vaardighede en kennis, en die bekamping van seerowery. Vlootskepe van die BRICS Plus-lande, insluitend China, Iran en Rusland, neem aan die oefeninge deel. Die DA kap intussen na die regering oor die oefening wat hulle sê  indruis teen Suid-Afrika se grondwet, diplomatieke en strategiese risiko's inhou, en skade aan ons internasionale vennootskappe veroorsaak. Professor Francois Frey van die Universiteit van Stellenbosch deel sy mening hieroor met Monitor. 

10:45

Bek-en-Klouseer stuur af op n ramp sê Vrystaat Landbou

"Die staat het misluk om die verspreiding van bek-en kouseer te beheer." Dit is die mening van verskeie rolspelers in dié bedryf, onder meer Vrystaat Landbou. Daarom doen hulle 'n dringende beroep op die Minister van Landbou, John Steenhuisen, om in te gryp. Vrystaat Landbou se vise-president, Friedl von Maltitz het op Monitor uitgebrei daaroor. * 

04:56

FW De Klerk Stigting sê VSA is nie ons redder nie

Die FW de Klerk-stigting het Suid-Afrikaners gemaan om nie na die Verenigde State te kyk vir redding nie. Dit is nou na Amerika 'n aanval op Venezuela geloods het, en die land se president, Nicolas Maduro, gevange geneem het. Ons praat nou met Christo van der Rheede, die Uitvoerende Direkteur van die FW de Klerk Stigting...  

06:26

'n Twis oor Suid-Afrika se beleid oor Amerika se aanval op Venezuela ontwikkel tussen die ANC en die Vryheidsfront Plus

Die ANC het sy stem gevoeg by diegene wat die Amerikaanse aanval op Venezuela en die gevangeneming van president Nicolás Maduro en sy vrou, Cilia Flores, veroordeel. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mabula, het die media in Rustenburg in die Noordweste toegespreek en beklemtoon dat die stap 'n skending van die VN-Handves is en nie toegelaat kan word nie. Mbalula het ook die leier van die Vryheidsfront, dr Corne Mulder, veroordeel vir sy ondersteuning van die aanval op Caracas. 

05:21

Suid-Afrika veroordeel die VSA se optrede in Venezuela

Verskeie lande het gister tydens 'n noodvergadering van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad in New York, sterk teenkanting uitgespreek teen die Amerikaanse optrede waartydens die president van Venezuela, Nicolas Maduro en sy vrou, Cilia Florres, gevange geneem is. Die Russiese gesant by die Veiligheidsraad, Vasily Nebenzya sê die optrede kan nie geregverdig word nie. China se verteenwoordiger, Geng Shuang sê Amerika minag ernstige griewe van die internasionale gemeenskap. Venezuela het op sy beurt gesê dit was 'n onwettige gewapende aanval. Die Amerikaanse gesant, Mike Waltz het egter die VSA se optrede verdedig, en het na die optrede verwys as 'n wetstoepassingsoperasie. Hy het benadruk dat daar nie 'n oorlog teen Venezuela gevoer word nie, en dat die VSA die land nie beset nie. Waltz sê die VSA kan nie toelaat dat sy teenstanders beheer het oor die grootste energiereserwes in die wêreld nie. 

16:39

Politiek: Die DA se uitdagings in 2026

Die stof wil net nie gaan lê rondom die DA se afgedankte Minister van Omgewingsake, Dion George nie. Die jongste is dat George se opvolger, Willie Aucamp pas 'n saak by die Openbare Beskermer teen hom aanhangig gemaak het. Die OB is gevra om George se gedrag tydens sy laaste dae as minister te ondersoek. Aucamp beskuldig sy voorganger van die misbruik van regerings-hulpbronne asook n vervalsde fluitjeblaser-verslag oor Aucamp se betrokkenheid by 'n onwettige leeu-boerdery onderneming. Ons het met die politieke ontleder aan die Noordwes Universiteit se sakeskool, Prof Pieter Croucamp gepraat hieroor en ook oor of die DA in 'n sterker posiesie is as lid van die RNE pleks van slegs n opposisie party.

07:02

Watse Ekonomie lê op die horison vir 2026?

Luidens die jongste data deur die Sentrale Energiefonds kan motoriste in 2026 uitsien na noemenswaardige brandstofprys-verligting. Die petrolprys sal na verwagting met tussen 46 en 51 sent per liter daal, terwyl dieselgebruikers 'n meer dramatiese verlaging van 124 tot 136 sent per liter kan verwag. Die prys van paraffien daal met R1 'n liter. Die nuwe pryse tree op Woensdag, 7 Januarie in werking. Monitor het vir Waldo Krugel, 'n professor in Ekonomie aan Noordwes Universiteit gepols hieroor en ook gevra oor die ekonomiese voortuitsigte vir 2026. 

04:59

Die Temple Boys maak hul merk by Rolprentfees

Die dokumentêr "Gham ,ons het lyn" vertel die storie van die musiekgroep, "die Temple Boys" wat in Ravensmead op die Kaapse vlakte grootgeword het. Dié fliek is onlangs by die "Africa Rising Internasionale Rolprentfees" vertoon, nadat dit sy debuut vroeër die jaar by die Silwerskermfees gemaak het. Tydens die Silwerskermfees het Anna-Marie Jansen van Vuuren met die 'Templeboys' gepraat oor hoe hulle musiek die 'kullid kultuur' vier. 

07:08

"Net n Kwessie van tyd voor Zama-Zama meesterbreine vasgetrek word"

Die nuutgestigde misdaadbestrydingspan wat ingryp om onwettige mynbou in die Bapong-gebied in Noordwes hok te slaan, het reeds meer as 20 verdagtes in hegtenis geneem tydens operasies in Sarajevo, Legalao-peng en Modderspruit. Die onwettige chroom-mynbedrywighede het onlangs eers die nuus gehaal, maar die gemeenskap daar leef reeds vir ‘n geruime tyd in vrees weens die lewensgevaarlike, onwettige bedrywighede. Volgens Noordwes se polisiewoordvoerder Kolonel Adéle Myburgh trek die strop nouer om die nekke van meesterbreine agter die bedrywighede.   

08:59

‘n Kind moet eerder ‘n graad herhaal as om oorgeplaas te word

'n Nuwe studie deur die Universiteit Stellenbosch het bevind dat laerskoolleerlinge wat grade herhaal, beter presteer as dié wat na die volgende graad bevorder of oorgeplaas word. Die navorsing is in ses provinsies gedoen onder Graad 1 en Graad 4-leerlinge wat onderpresteer en dié wat net-net deurkom. Die bevindinge is daarna met mekaar vergelyk. Ros Clayton van die US se Navorsingsgroep oor Sosio-Ekonomiese Beleid het die studie gelei. Emeritus professor in opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch, Michael le Cordeur verduidelik hoekom hy met die navorsing saamstem. 

05:42
Close

Save video to ...