RSG Nuus en Aktualiteit

News

Naweek Aktueel Profielonderhoud Helen Zille 9 Augustus 2025

Die naam Helen Zille is sinoniem met dié van 'n politikus met 'n ysere wil, sterk standpunte en iemand wat nie doekies omdraai nie... Maar een ding wat min mense van Helen Zille weet, is dat haar sagtheid vlerke kry in hoe sy omgee vir mense... veral dié die naaste aan haar. In Naweek Aktueel se weeklike profielonderhoud, sê Helen aan Esté de Klerk haar rol as vrou, ma en ouma - dit lê haar die naaste aan die hart.   

13:02

Ian Cameron vertel van die aanval op hom en twee kollegas ...

Die voorsitter van die Polisie portefeulje komitee in die parliment Ian Cameron vertel dat hy gedink het sy kollega en vriend is dood, terwyl booswigte die voertuig aangeval het waarin hy en nog twee kollegas gery het. Die stryder teen misdaad in die land sê dit was 'n vreesaanjaende ervaring. Ons praat ook met JP Smith van die Kaapstad Metro oor die vinnige reaksie van die metro om die misdadigers vas te trek na die aanval.   

04:09

Brandpunt 20 Augustus 2025

Ons skyn die kollig op spesiale munisipale tariewe. Ons het gister berig oor munisipaliteite wat spesiale heffings begin instel, hoewel daar tradisionele erfbelastings en dienstefooie is. Burgerlike organisasies is besig om hulle voet hieroor neer te sit. Ons praat met 'n ontleder wat voorstel dat die munisipale vergoedingstelsel hersien word. Vandag is Wêreld-muskietdag, en 'n kenner vertel watter belangrike rol wat muskiete in die ekologie speel. En, jy kan nou amptelik gatvol wees, want die woord is nou deel van die Oxford-woordeboek

15:11

'n Baie ingewikkelde saak lé voor vir die Eldorado Park-egpaar wat van moord op hulle 4 jarige dogtertjie beskuldig word.

Monitor het by die regskenner Francois Botes gaan uitvind hoe die Ma se versuim om die aanranding aan te meld,  kan lei tot n klag van moord? Die Pa van die kind word deur vyf aanklagte in die gesig gestaar, wat verkragting asook gedwonge verkragting insluit. Botes bespiegel, luidens die klagstaat, wat moontlik daartoe kon gelei het, en praat ook oor die moontlike vonnise wat opgelê kan word indien daar n skuldigbevinding is.   

05:47

FW De Klerk Stigting is bereid om te praat oor n terugkeur na die Nasionale Dialoog

n Brief is deur die Nasionale Dialoog se groep van vername persone gerig aan die 7 stigtings wat besluit het om die proses te boikot. Ons Praat met Christo Van de Rheede, die uitvoerende direkteur van een van die stigtings. Hy sê die FW De Klerk Stigting sal wel n vergadering bywoon om opnuut hulle besware aan te spreek met die oog om hulle tog na die tafel te lok. 

05:20

Brandpunt 19 Augustus 2025

In die program: Die ANC gaan tugstappe doen teen twee lede van sy Nasionale Uitvoerende Komitee weens hulle onlangse openbare uitlatings teen dié party. Die Raad vir Arbeidsverhoudinge in die Onderwys wil die proses om onderwysers regoor die land te verifieer teen Oktober afhandel en SanParke begin met  'n studie om die redes vir die kwynende Kalahari-leeubevolking beter te verstaan.

15:29

Brandpunt 18 Augustus 2025

In die program: Rise Mzansi sê die verklaring van voorneme van die R.N.E. moet hersien word. Kritiek teen City Power se plan om nie kragtoevoer na sekere woonbuurte te herstel nie en twee skaatsplank-ryers van Kimberley hoop om Suid-Afrika trots te maak by 'n internasionale kompetisie.

16:03

Heffing op Boorgate maak Vryheid se inwoners warm onder die kraag!

Inwoners in Vryheid in Kwazulu-Natal is woedend oor 'n sogenaamde "boorgat-tarief", wat van sedert Julie deur die Abaqulusi Plaaslike Munisipaliteit gehef word. Selfs inwoners wat nié boorgate op hulle erwe het nie, moet dié heffing van 133 rand per maand betaal. Burgerregte organisasies soek nou klarigheid by die munisipaliteit hieroor. Ons praat nou met die burgemeester van die Abaqulusi Plaaslike Munisipaliteit, Sifiso Mkhwanazi.

08:04

Is Trump op die drumpel van 'n Rusland/Oekraïne deurbraak?

Ons vra die vraag aan die politieke ontleder Professor Theo Venter. Na Vrydag se vergadering met die Russiese President Vladimir Putin was daar min hoop dat 'n einde in sig is vir die oorlog tussen Rusland en Oekraïne. Na President Volodymyr Zelensky se besoek gister aan die Withuis in Washington, in die teenwoordigheid van talle Europese leiers, begin die narratief verander. 

06:18

'n Gestryery in die Parlement vertraag die vergadering oor Mkhwanazi se bewerings.

Na 'n 10 uur-lange vergadering is daar steeds nie ‘n verwysingsraamwerk vir die werksaamhede van die ad hoc-komitee oor die Mkhwanazi onthullings oor korrupsie binne die regstelsel nie. Daar is wel ooreengestem dat KZN se polisie kommissaris die eerste getuie voor die komitee sal wees. Die DA-lid van die komitee, Ian Cameron verduidelik aan Monitor watter besware geopper is en prakties-gesproke, wanneer die proses begin en Mkhwanazi sy verskyning gaan maak. 

06:40

Meneer die President: Dit is wat ons verwag uit die Nasionale Dialoog

Terwyl talle politieke partye en organisasies die Nasionale Dialoog, wat vandag begin, boikot, is daar wel die wat deelneem. Monitor het by verskeie deelnemers gaan hoor hoekom die platform benut moet word om griewe oor en voorstelle vir Suid Afrika ter tafel te lê.   

16:33

Groot Planne vir Korrektiewe dienste se 20 plase.

Noudat die bakery in die Westville Gevangenis in Kwazulu-Natal amptelik op dreef is en daagliks bykans vierduisend brode bak, is daar verdere planne om misdadigers besig te hou. Monitor het met die Minister van Korrektiewe Dienste, Dr. Pieter Groenewald gepraat oor sy planne om tronke selfversorgend te maak. Die plan sluit in beter benutting van meer as 20 plase wat onder beheer van die Departement van Korrektiewe Dienste is.     

06:32

BRANDPUNT 14 Augustus 2025

16 Augustus is dit 13 jaar sedert die Marikana tragedie. 34 mynwerkers is op die dag deur die polisie doodgeskiet tydens 'n staking in Marikana naby Brits in Noordwes. Die dag se gebeure het die land geruk en daar is selfs 'n kommissie van ondersoek geloots om die gebeure te ondersoek. Die Benchmark stigting het pas 'n verslag bekend gemaak wat toon dat nie een van daardie aanbevelings van die kommissie ooit geimplementeer is nie. Hulle navorsing toon dat die gemeenskap net verder verarm het. 

15:49

Brandpunt 13 Augustus 2025

In die program kyk ons spesifiek na die beginpunt van die  land se grootste en dalk belangrikste gesprek sedert Codesa. 

15:42

NSFAS kry 'n nuwe befondsingsmodel

Die Minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela sê daar sal binne 3 maande 'n nuwe befondsingsmodel vir die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (NSFAS) gevestig word. Monitor praat met Emeritus Professor in Opvoedkunde,  Michael Le Cordeur oor NSFAS se gebreke. Hy sê drie maande is hopeloos te min tyd om al die probleme uit te stryk.     

07:12

Brandpunt 12 Augustus 2025

In die program: Die werkloosheidsyfer styg in die tweede kwartaal van die jaar, nóg klagte is ingestel teen 'n pa wat sy vierjarige dogter na bewering doodgeslaan het en boekwurms kan hulle nou weer na die Johannesburgse Stadsbiblioteek wend.  

15:13

As jy n sonpaneel het, moet hom nog nie registreer nie, sê OUTA

Monitor het met Advokaat Stefanie Fick van OUTA gepraat oor hoekom huishoudings en kleinsake-ondernemings wat sonpanele opgerig het, dit nog nie moet registreer by Eskom nie. Die mening spruit voort uit n vergadering tussen die twee rolspelers. Fick waarsku dat die huidige vereistes deur die kragvoorsiener, jou moontlik 'n klomp onnodige geld uit die sak kan jaag.   

09:28

Minister van Landbou praat oor die jongste vordering in tarief-onderhandelinge

Die Minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê die regering brei sy uitvoer- en invoermarkte uit, te midde van die VSA se 30 persent invoertarief op Suid-Afrikaanse goedere.Die minister van Landbou John Steenhuisen sê verskeie toegewingfs in die landbousektor moes gemaak word. Hy het vroeër in Spektrum verduidelik hoe dit werk.

07:10

Brandpunt 11 Augustus 2025

In die program: Die Nasionale Dialoog snel voort ondanks kommer van legendariese stigtings. Borgtog word toegestaan aan 'n polisiebeampte wat na bewering sy vriendin doodgeskiet het en klassieke klanke klink op in die Klein-Karoo.   

15:02

Namakwaland se boere is erg bekommerd oor nuwe kernbrandstof berging plan

Daar is n plan om die Vaalputs-kernafvalterrein naby Springbok nou ook te gebruik as n plek om die land se kernbrandstof te berg. Die agentskap wat die lisensie verkry het om dit te doen ontvang tans openbare insette hieroor en soos die politieke onteleder Joansie Van Wyk veruidelik is talle mense heeltemal teen die idee gekant. Ons praat ook met Allan Carolissen van die Nasionale  Radioaktiewe Afval verwyderings instituut oor hoekom Vaalputs die praktiese oplossing bied vir berging.   

09:40
Close

Save video to ...