listen to Agter die Tunes
RSG Bekbasaar: Agter die Tunes - Episode 12 (Die MK-era)
Wanneer jy die naam "MK" hoor maak dit jou nostalgies vir 'n era waarin Afrikaanse musiek gedy het. Dié ikoniese kanaal op DStv het baie groepe soos Ef-El, Glaskas, Foto Na Dans en Straatligkinders die deurbraak gegee wat hulle nodig gehad het. Hoe het MK begin, en hoekom het dit opgehou? Barrie Ferreira praat met die voormalige bemarkingbestuurder van MK, Haddad Viljoen, en met Deon Meiring van Glaskas om te hoor hoekom MK só groot invloed op die Afrikaanse musiekbedryf gehad het.
RSG Bekbasaar: Agter die Tunes - Episode 11 (Nuut op die radar: Shakira Peach)
As jou naam dieselfde is as ‘n wêreldberoemde sanger, is dit dalk ‘n goeie aanduiding dat jy eendag in die musiekbedryf sal opeindig. Dít is die geval met Shakira Peach. Dié 21-jarige sanger van Rustenburg vertel hoekom sy ‘n loopbaan in die kompeterende musiekbedryf wou volg, hoe sy haar roeping uitleef, en wat haar drome vir die toekoms is.
RSG Bekbasaar: Agter die Tunes - Episode 10 (Hoe word ‘n musiekvideo gemaak?)
‘n Musiekvideo is nie net ‘n “nice to have” nie. Dis ‘n manier om die storie van ‘n liedjie te laat “leef” en om dit meer karakter, definisie en diepte te gee. Barrie Ferreira gesels met Eric Graham en Tehan Buys, wat musiekvideo’s vir ‘n lewe maak, oor die proses van videoproduksie. Hulle vertel hoe hulle onvoorspelbare scenarios hanteer en wat musiekvideo’s vir mense beteken. Vind uit hoekom die musiekvideo ‘n belangrike rol speel in ‘n kunstenaar se loopbaan.
RSG Bekbasaar: Agter die Tunes - Episode 9 (Kunsmatige intelligensie)
Een van die grootste gesprekke in die musiekbedryf tans is die gebruik van kunsmatige intelligensie - van die skryf van lirieke tot wie die krediet moet kry vir die skep van die liedjie. Is dit ‘n tydelike verskynsel wat sal oorwaai, of is dit iets waaroor kunstenaars bekommerd behoort te wees? Barrie Ferreira praat met liedjieskrywer Georic Loumas en Paulo Azevedo van Colseke Artists die goed, kwaad en lelike van KI in die musiekbedryf.
RSG Bekbasaar: Agter die Tunes - Episode 8 (Albums in ‘n era van enkelsnitte)
In ‘n era van enkelsnitte lyk dit skynbaar asof albums besig is om uit te sterf. Barrie Ferreira gesels met Peach van Pletzen om te hoor hoekom albums nog belangrik is in die musiekbedryf. Peach verduidelik ook die kreatiewe proses om ‘n album te skeps. Ons vind ook meer uit oor Van Pletzen se vyfde album, wat binnekort op pad is.
RSG Bekbasaar: Agter die Tunes - Episode 7 (Nuut op die radar: Venter)
Barrie Ferreira gesels met Matthew Venter, of net Venter soos wat hy bekend staan, in ons Nuut Op Die Radar-reeks. Hy vertel hoekom hy die musiekbedryf betree het, hoe hy dit ervaar om musiek te maak terwyl hy nog studeer om 'n meulmaker te word, sy eerste sosiale mediaplasing en ’n platekontrak.
RSG Bekbasaar: Agter die Tunes - Episode 6 (Hoe word liedjies vervaardig?)
Het jy al gewonder hoe ‘n liedjie saamgestel word? Van die kunstenaar se stem tot al die klein instrumentele en agtergrondelemente? Barrie Ferreira praat met musiekvervaardiger Olly van Schalkwyk om te hoor wat die proses is om ‘n liedjie op te neem en alles op ‘n plek te bring waar dit goed genoeg is vir jou om na te luister. Hulle gesels oor alles van die verhouding tussen ‘n kunstenaar en ‘n vervaardiger, tot watter rol musiektoerusting speel.
RSG Bekbasaar: Agter die Tunes - Episode 5 (Die proses van liedjieskryf)
Barrie Ferreira gesels met Marco van Deventer van die musiekgroep, ONS, en met Almero Welgemoed oor hoe kunstenaars die liedjieskryfproses benader. Marco delf dieper in hoe gewone liedjies geskryf word. Almero praat oor die proses van partituurskryf vir die TV-reeks, Een Keer Om Die Son.
RSG Bekbasaar: Agter die Tunes - Episode 4 (Musieksamestelling by radiostasies)
Het jy al ooit gewonder hoe radiostasies besluit watter musiek op watter tyd uitgesaai word? Barrie Ferreira steek kers op by die musieksamesteller by Groot FM, Charonike Nel, en RSG se musieksamesteller, Riaan Grobler. Hulle gesels oor die wetenskap van musieksamestelling, die lisensievoorwardes wat in ag geneem moet word, en hoe verskillende soorte radiostasies dié proses benader.
RSG Bekbasaar: Agter die Tunes - Episode 3 (Nuut Op Die Radar met Chxnelle)
Ons begin met ’n minireeks, Nuut op die Radar. In hierdie episodes fokus ons op nuwe, opkomende kunstenaars wat hulle verskyning maak. Barrie Ferreira gesels met Chanelle Gerber (verhoognaam Chxnelle) oor hoekom sy besluit het om musiek vry te stel, wat haar drome vir die toekoms is, en waarna ons kan uitsien.
RSG Bekbasaar: Agter die Tunes - Episode 2 (Die besigheid van musiek)
Wynand Myburgh van Fokofpolisiekar verduidelik hoe die besigheidSkant van ‘n kunstenaar lyk. Hy praat oor handelsmerke, strategie en die finansiële aspekte wat in ag geneem moet word. Liezel Schlebusch, bestuurder van Droomsindroom, praat oor die administriewe kant. Sy vertel hoe praktiese reëlings benader word, die uitdagings wat konserte bied, en hoe sy die beeld van die groep bestuur.
RSG Bekbasaar: Agter die Tunes - Episode 1 (Blackbyrd)
Die Suid-Afrikaanse girlband, Blackbyrd, het in 2024 nuwe lewe gekry met twee nuwe lede by Tarryn Lamb aangesluit het. Hulle is Tasché Burger en Tasha Zaaiman. Barrie Ferreira gesels met hulle oor hoe hulle hulle voete moes vind toe die groep hervorm is, die sterk band tussen hulle, die kuns van harmonieë, en hoe hulle die liedjieskryfproses benader.
Save video to ...