#FOOD PRICES #HUNGER

Kommer neem toe oor die immer groeiende getal Suid-Afrikaanse gesinne wat honger ly weens die hoë kospryse. Nie-regeringsorganisasies meen die huidige staatstoelae is te min om 'n gesin vir 'n hele maand te voed. Hoe ernstig is die situasie? En hoe kan mense met kospryse wat steeds styg, oorleef? Ons praat met Dr. Hester Vermeulen, 'n landbou-ekonoom by die Buro vir Voedsel- en Lanboubeleid.

#GIDSHONDE #OUTISME #SUID-AFRIKAANSEGIDSHONDEVERENIGING

Gidshonde bied bevryding aan miljoene mense wêreldwyd. Nie net met met gesig-gestremdheid baat daarby nie, maar ook talle ander soos diegene wat ledemate verloor het of selfs kinders met outisme. Fokus besoek die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging om uit te vind hoe die honde opgelei word en watter rol die publiek kan speel as vrywilligers. DIS DIE WEEK IN FOKUS, KYKSTOF WAT SAAKMAAK, VRYDAGAAND OM HALF NEGE OP SABC 2 EN OM SES OP DTT.

#MUSIEKSKOOL #EERSTERUST #TAICHI /KUNSTENAAR #ROODEPAN

Die legendariese musikant Freddy Arendse stel die jeug van Eersterus in Gauteng bekend aan die wêreld van Jazz. Die Internasionale Tai Chi kampioen Abdul Kader Baynes vertel hoe dié gevegskuns vir hom groot geleenthede geskep het. En 'n jong kunstenaar van Roodepan in Kimberley gebruik sy talent om sy gemeenskap aan hulle herkoms te herinner. DIS DIE WEEK IN FOKUS, KYKSTOF WAT SAAKMAAK, VRYDAGAAND OM HALF NEGE OP SABC 2 EN OM SES OP DTT.

#DANSSKOENE #RIELDANS #KAAPSEVLAKTE #RUGBY

Baie mense stof hulle dansskoene af om die nuwe jaar in te dans. In die Noord- en Wes-Kaap beleef die rieldans 'n herlewenis en baie jongmense leer nou ook dié danspassies. En met Suid-Afrika se rugby glorie nog vars in die geheue besoek ons 'n talentvolle jong rugbyspeler van die Kaapse Vlakte. DIS DIE WEEK IN FOKUS, KYKSTOF WAT SAAKMAAK, VRYDAGAAND OM HALF NEGE OP SABC 2 EN OM SES OP DTT.

#KAROODONKIE #JOHANNESBURGSEDIERETUIN

Fokus het die groot trek om die Karoo Donkie Toevlugsoord van Plettenbergbaai na Prins Albert in die Karoo te skuif, meegemaak. Die onwettige handel in donkievelle het dit nodig gemaak om die donkies te red. En die Johannesburgse Dieretuin vra vir afgesaagde takke as versnaperings vir die herbivore. DIS DIE WEEK IN FOKUS, KYKSTOF WAT SAAKMAAK, VRYDAGAAND OM HALF NEGE OP SABC 2 EN OM SES OP DTT.

#GBV #MENSEHANDEL

Die 16 dae van aktisme teen geweld teen vroue en kinders het die afgelope naweek afgeskop. Met die veldtog wil bewusmaking geskep word van die impak van geslagsgebaseerde geweld op vroue en kinders. Maar word die doel bereik en hoe kan geweld teen vroue en kinders stopgesit word? Ons praat met Prof. Corné Davis. En ons vertel van 'n toneelstuk oor mensehandel.

Save video to ...